FRANSE OMELET
Effe aangepas van die inligting op die pan, gebruik ‘n dubbel omelet pan.
- 3 eiers
- 2 eetlepels melk
- sout en peper na smaak
- 2 teelepels botter
- vulsel na smaak – kaas, sampioene, spek ens, opgesny
Klits die eiers.
Voeg die melk, sout en peper by.
Verhit die pan en smelt ½ teelepel botter in elke gedeelte van die pan.
Verdeel die eiermengsel in die 2 gedeeltes van die pan en kook op lae hitte tot amper gaar.
Sodra die eier gestol het voeg vulsel van jou smaak op die onderste pan en maak die pan toe.
Kook verder vir nog 1 – 2 minute, keer uit op jou bord en geniet.
Resep en foto: Louw LP Senior