Your Recipe Blog

FRANKFURTERKASSEROL

FRANKFURTERKASSEROL

  • 500 g frankfurters
  • 250 g gaar spaghetti of noedels.
  • Sous:
  • 15 ml margarien (1 eetlepel)
  • 125 ml (½ koppie) gekerfde seldery
  • 1 groot ui
  • 400 g napoletaanse sous of sous van eie keuse (Ek het ‘n bottel napoletaansesous gekoop)
  • 5 ml (1 teelepel) Worcestersous
  • 5 ml (1 teelepel) aangemaakte mosterd
  • sout en peper na smaak
  • Gerasperde kaas, die hoeveelheid kaas wat bo-oor gestrooi word, is na eie smaak.

Voorverhit oond tot 180ºC (350 F)
Smelt margarine in ‘n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
Voeg napoletansesous, Worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en meng goed.
Sny worsies skuinsweg in 2.5 cm stukkies en braai dit vir 3 minute tot verbruin.
Meng gaar spaghetti en worsies saam gooi in ‘n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.

Resep: Sheila Kotze
Foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5