FRANCIS SE VINNIGE BOONTJIESOP
Boontjiesop in minder as 45 min.
- bietjie olie
- 1 ui, fyn gekap
- 3 repies spek, gesnipper
- 250 g maalvleis
- 410 g blik “baked beans”, fyn gedruk nie alles heeltemal fyn nie
- 1 beesvleisblokkie (beef stock)
- 2 blikke kookwater (gebruik die baked beans blikkie)
- 1 groot handvol hawermout
- 1 eetlepel Worcestersous of na smaak
- sout en peper na smaak
Braai ui tot sag in olie, voeg gekapte spek by en braai ‘n rukkie.
Voeg die maalvleis by en braai.
Voeg die fyngemaakte “baked beans” by.
Voeg nou 2 blikke vol kookwater gemeng met beesblokkie by die mengsel in die pot.
Voeg hawermout by, roer goed en laat goed deurkook.
Voeg die Worcestersous en peper by en laat deurkook.
Maak seker hawermout is gaar en pas die sout en peper aan na smaak.
Bedien en geniet.
Baie ekenomies en vinnig.
Resep en foto: Francis Schoeman
Thank You, this was really easy and quick to make. My family really enjoyed it, it was also tasty.