FRANCES SE WATERBLOMMETJIEBREDIE
- 1.5 kg lam, verskeie snitte
- 1 kg waterblommetjies, skoongemaak
- 15 ml witasyn
- 125 ml witwyn
- 25 ml suurlemoensap
- 2.5 ml gemmer
- 2.5 ml neutmuskaat
- 5 ml Aromat
- 5 – 6 naeltjies
- 7.5 ml koljander
- 10 ml braai speserye
- 4 knoffeltone, fyn gedruk
- 250 ml hoender of bees “stock”
- 3 uie, gesny
- 250 g groenboontjies
- 4 aartappels, kwarte gesny
- sout en peper na smaak
Braai vleis in bietjie olie tot bruin en skep uit. In dieselfde pot, braai die uie en knoffel tot sag.
Plaas die vleis terug in pot saam met al die ander bestanddele (behalwe Waterblommetjies), en ongeveer 2 koppies water.
Kook oor laag/med hitte tot aartappels en groenboontjies sag is.
Sit die waterblommetjies bo-op vleis en kook nog so 40 minute.
Pasop om waterblommetjies nie tot pappery te kook nie. Voeg nog sout / aromat by indien nodig.
Geniet met rys.
Resep en foto: Frances Smith