FRANCES SE PYNAPPELSLAAI
Hierdie proe meer soos poeding 🙈
- 2 blikke pynappelstukke
- 250 ml suurroom
- ¼ blik kondensmelk
Dreineer die stroop af van die pynappels af.
Maak seker dis baie droog, as jy haastig is druk oortollige stroop uit.
Meng suurroom en kondensmelk saam.
Skep die mengsel bo-oor die pynappels en meng goed deur.
Skep in ‘n mooi opdien bak.
Plaas in yskas vir minimum 1 uur sodat die geure lekker kan trou.
Resep en foto: Frances Smith













Heerlik vetby