Your Recipe Blog

FRANCES SE MOSSELSOP

FRANCES SE MOSSELSOP

  • 400 g gevriesde mossels
  • 375 ml droë witwyn
  • 1 groot ui, fyn gesny
  • 5 knoffelvingertjies, fyn gemaak
  • olie
  • 250 g sampioene, skywe gesny
  • 500 ml melk
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 250 ml room
  • sout en swart peper na smaak
  • vars pietersielie, fyn gesny

Spoel mossels af en kook in witwyn so 15 – 20 min.
Dreineer mossels, maar hou die witwynsous.
Braai uie en knoffel in olie tot amper bruin.
Voeg sampioene by en braai tot bruin.
Meng uie soppoeier met 250 ml water en die melk en voeg by die uiemengsel.
Laat prut en roer heeltyd tot mengsel verdik.
Voeg room en gedreineerde wynsous by en verhit tot kookpunt.
Geur met sout en peper en voeg mossels by.
Strooi fyn pietersiele oor en geniet.

Variasie 1.
Ons  het weer hierdie resep gemaak maar met ‘n verandering.
Bestanddele is soos volg verander:
Bruin uiesoppoeier in plaas van wit uiesoppoeier.
1 eetlepel groen jalepenos, fyn gekerf ekstra
1 eetlepel gemmer, fyn gekerf
1 blik sampioene ipv die vars sampioene
Omtrent so 700 g se mossels.

Resep en foto: Frances Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page