Your Recipe Blog

FRANCES SE BOTTERSKORSIE SOP IN PRUTPOT

FRANCES SE BOTTERSKORSIE SOP IN PRUTPOT

  • 750 g botterskorsie, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, fyn gekerf
  • 300 g wortels, ringe gesny
  • 500 g aartappels, blokkies gesny
  • 25 g selery stingel en blare stukkies
  • 1 hoender sousblokkies
  • 1 pakkie Ina Paarman “vegetable stock” concentrate
  • 1 teelepel kerrie
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • ½ teelepel komyn
  • 1 teelepel pietersielie
  • 1 eetlepel gedroogte gemengde skil
  • sout en peper na smaak
  • ± 1 liter water

Braai uie tot deursigtig en sit in prutpot.
Los hoendersousblokkies op in bietjie warm water en voeg sakkie groente sousblokkies by.
Vul water verder op tot 1 liter.
Voeg dan al die ander bestanddele in prutpot asook nog water indien nodig.
Sit prutpot op hoog vir so 6 ure.
Wanneer gaar, maak fyn met versapper.
Dien op met room en pietersielie.

Resep en foto: Frances Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page