Your Recipe Blog

FRAMBOOS CHARLOTTES

Avatar photo
Recipe by
Oornag

FRAMBOOS CHARLOTTES

Het die naweek ietsie nuuts probeer, was super maklik en lekker en nog mooi gelyk ook. Framboos charlottes op die maklike manier.

  • 1 pakkie volkoring koekies, fyngemaal
  • 80 – 100 ml botter
  • 1 pakkie kits framboos poeding
  • 100 ml framboos puree
  • 200 ml styfgeklopte room
  • vingerkoekies

Maak die kors deur die volkoring koekiekrummels met die botter te meng.

Puree the frambose in ‘n voedselverwerker, maar nie te fyn nie.
Maak ‘n framboos mousse vir die vulsel.
Maak die framboos poeding aan soos op die pakkie (van die melk poeding boksies wat mens in die winkel kry).
Kan alle smake gebruik, ek het gekies vir framboos die naweek want ‘n vriendin is allergies vir aarbeie.
Voeg die  framboos puree by en vou die room liggies in.

Versiering: styfgeklopte room en vars vrugte.

Gebruik vormpies, druk koekie bodem vas in elke vormpie, pak vingerkoekies om die rand van die vormpie, spuit framboos mousse in die middel tot 2/3 vol.
Spuit styf geklopte room bo-op mousse en versier met vars vrugte.
Laat oornag in yskas.
Volgende dag maak vormpie los en sit strikkie om.

Resep en foto: Carli Bensch

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page