Your Recipe Blog

FOP BOBOTIE

FOP BOBOTIE

  • ±336 g maalvleis (klein pakkie maalvleis)
  • 15 cm gaar kudufillet in spek gedraai, opsioneel
  • 300 g Creative Cuisine Pantry gepiekelde eiervrug
  • 1 blik “baked beans”
  • sout en peper
  • 1 sny witbrood, geweek in bietjie melk
  • 1 eier
  • 3 eetlepels melk of bietjie meer
  • ekstra melk om brood in te week

Braai maalvleis in bietjie olie. Snipper gaar fillet sommer by maalvleis in en braai saam. Sout en peper na smaak.
Voeg die “baked beans” by sodra maalvleis gaar is en meng deur.
Voeg nou die eiervrug by. Roer deur.
Terwyl dit stadig nog kook, plaas die sny brood in ‘n bak en gooi melk net oor die bokant van die brood. Moenie te veel melk gebruik nie. Maak brood fyn en voeg by vleismengsel.
Skakel plaat af. Klits die eier en melk goed en gooi bo-oor die vleismengsel.
Bak in oond teen 180°C tot eiermengsel gestol het.

Wenk:
As jy die sny brood in te veel melk geweek het druk teveel melk uit brood voordat dit by vleismengsel ingemeng word. Gebruik dan sommer daardie melk en meng eier by om die melkmengsel vir bo-oor te maak;

Resep en foto: Erika Flood

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page