Your Recipe Blog

FLORAINE SE SPINASIETERT

FLORAINE SE SPINASIETERT

Hierdie is ongelooflik veelsydig! Bedien saam met haddock is dit die perfekte brunch! Bedien saam met gerookte hoender/hoenderpastei, of braaivleis. Jy kan ook individueel in klein muffinpannetjies bak met spek ingevou.

  • Kors:
  • 4 eetlepels botter
  • 1 eier
  • 7 ml bakpoeier
  • 15 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 2 ml sout

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in dat dit lyk soos krummels.
Klits olie en eier saam en voeg by. Meng goed dat dit ‘n deeg vorm, druk onder in vuurvaste skottel om ‘n kors te vorm.

  • Vulsel:
  • 1 bossie spinasie se blare, fyn gesny, onthou om af te was in soutwater
  • 1 pak wit uiesoppoeier
  • 3 eiers
  • 1 koppie spek gesnipper en opsioneel
  • 3 koppies dik witsous
  • 1 koppie gerasperde kaas

Meng al die bestanddele maar net die helfte van die kaas.  Skep in rou kors.
Strooi res van die kaas oor en bak tot gaar by 180ºC tot gaar en gestol.

Lekker variasie;:
Vervang spek met hoender, tuna, of 1 pak droë chips van jou keuse, ek hou van sout en asyn.

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Adam Cloete – Baie baie lekker al het ek dit sonder die kors gemaak, ek kan hom regtig aanbeveel.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5