FLOPVRYE KERSKOEK
Ook bekend as die NEVER FAIL CHRISTMAS CAKE
Food Lovers Market se vrugtekoekmengsel kan gebruik word in plaas van die sultanas, korente, skil en rosyntjies.
- Kook die volgende saam vir 20 minute oor lae hitte:
- 500 g botter of margarien
- 2 koppies korente
- 2 teelepel koeksoda
- 2 teelepel kaneel
- 2 koppies suiker
- 2 koppies rosyne
- 2 koppies sultanas
- 2 teelepels gemmer
- ½ teelepel neutmuskaat
- 2 koppies water
- Laat staan om af te koel en voeg dan die volgende by:
- 500 g kersies
- 500 g gekapte dadels
- 1 koppie gemengde skil
- 1 koppie gekapte pekanneute
- Voeg nou die volgende by:
- 4 koppies gesifte koekmeel
- 4 eiers, goed geklits
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 koppie lemoen marmelade
Voer koekpanne baie goed uit.
Stel oond op 220°C om te voorverhit.
Draai af na 120°C en bak vir 3½ tot 4 ure.
Plaas ‘n deksel bo-oor die koek en moenie afhaal voor laaste halfuur nie.
Resep en foto: Joey Hammond De Lange