FLOP VRYE PANNEKOEK
- 500 ml koekmeel
- 2 eiers
- 10 ml bakpoeier
- 500 ml water
- 2 ml sout
- 15 ml asyn, suurlemoensap of brandewyn
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en voeg by water.
Maak ‘n holte in die droë bestanddele, gooi vloeistof daarin en klop met houtlepel of klitser, totdat die beslag glad is, as beslag nog dik is, gooi bietjie vir bietjie water ekstra by.
Skep net genoeg beslag in ‘n warm pan wat baie lig met olie gesmeer is, om die bodem te bedek.
Bak en draai om vir die anderkant om gaar te word.
Sit op stapel tot alles klaar gebak is.
Resep: Jenett van der Merwe
Wenk 2de foto: Sonia Knoetze
Gebruik ‘n pompwaterbottel vir mengsel, dit werk wonders.
Nota en foto: Chantelle Roets
Nou net die pannekoek resep gemaak en moet sê dis heerlik. Net die suurlemoen of asyn gedeelte met brandewyn vervang. My ouma en moeder het dit altyd bygegooi.