FLIPKOTE SE EENPANGEREG
Resep en foto: Flipkotie Olivier
- 1 ui, opgekap
- 500 g maalvleis
- 1 pakkie spinasie, opgesnipper
- 1 koppie kaas gerasper
- 4 eiers geklits
- Braai ui in pan met bietjie olie.
- Voeg maalvleis by uie, sit kruie en speserye in na smaak en braai tot gaar.
- Voeg die opgesnipperde spinasie by die maalvleis en braai vir nog so paar minute.
- Toets vir sout en pas aan indien nodig.
- Meng die kaas saam met die eiers en meng met die maalvleis mengsel.
- Skep mengsel in gesmeerde oondskottel.
- Sit in die oond op 180ºC vir 10 minute tot gestol.
- Nota: Ek het dit saam ‘n tamatie slaai bedien.
Category:

