“FLATBREADS” MET TACO HOENDER
- Platborde:
- Winkeldeeg
- Olie vir vlakbraai
- gesmelte botter met knoffel en pietersielie
- paar knippies growwe sout
Druk bal deeg plat op meelbestrooide oppervlak.
Sny in 8 skywe (soos vir pizza).
Rol die skywe in balle en druk so plat as moontlik.
Strooi nog meel oor en rol uit soos pizzadeeg.
Giet bietjie olie in ‘n kleefvrye pan en braai elke uitgerolde platbrood op medium hitte tot alkant mooi begin verbruin en oppof.
Haal uit die warm pan verf met knoffelbotter en knippie sout en hou warm.
Herhaal met die res van die deeg.
- Taco hoender:
- 1 gaar hoender, met 2 vurke in repe getrek
- ½ ui, gekap
- 1 tamatie, gekap
- 1 eetlepel taco spice (of kombinasie van komyn, paprika, rooipeper, sout en “crushed chillis”)
- 1 eetlepel tamatiepasta
- 1 teelepel suiker
- 1 eetlepel asyn
Braai die ui in bietjie olie, voeg die tamatie, taco spice, suiker, asyn en pasta en braai tot gekarameliseer.
Voeg die gaar hoeder by, roer deur en braai tot deur warm en die geure gemeng.
- Sambels:
- 1 tamatie, gekap
- handvol komkommer, gekap
- handvol ui, gekap
- 1 plat eetlepel suiker
- 1 eetlepel asyn
- Tabasco na smaak
- ½ koppie suurroom
- handvol fyn gekerfde blaarslaai
- 1 koppie gerasperde kaas
- Avokado, in blokkies gesny
Meng sambal bestanddele en sit voor met room, slaai, kaas en avokado.
Njamm!
Resep en foto: Stef Conradie