Your Recipe Blog

FLANKOEK MET KARAMEL EN MINT

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 2 koeke

FLANKOEK MET KARAMEL EN MINT

  • Sjokoladekoek:
  • 6 eiers, geskei
  • 125 ml olie
  • 125 ml water
  • 1¼ koppies suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 ¾ koppies koekmeel
  • knypie sout
  • 25 ml kakao (maak koekmeel dan 25 ml minder)

Meng olie, water, eiergele, suiker en vanilla goed.
Sif koekmeel, kakao, sout en bakpoeier saam en voeg by eiermengsel.
Meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in by deegmengsel.
Giet in gesmeerde flanpanne. (Smeer flanpanne met margarien en spuit met Spray en Cook)
Bak 20 min teen 180°C. Toets vir gaarheid.  Laat ‘n rukkie staan en keer uit.
Laat goed afkoel, skep dan vulsel in.

  • Vulsel:
  • 1 blikkie mint kondensmelk, ek het karamel kondensmelk gebruik en fyngemaakte Aero sjokolade (na smaak) bygevoeg en gemeng
  • 250 ml room, styf geklits
  • peppermint sjokolade, gekrummel vir bo-op room

Smeer die karamel in die flan holte.
Skep die styf geklitste room bo-op en krummel die sjokolade oor.
Ek kry 2 panne uit van 22 x 4,5 cm.

Resep en foto: Rita van Zyl

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page