Your Recipe Blog

FIORI DI SICILLIA: SITRUSGEURSEL VIR GEBAK

FIORI DI SICILLIA: SITRUSGEURSEL VIR GEBAK

Ek deel vinnig my een geursel/ekstrak wat ek in baie van my koekies en koeke gebruik. Het gou gemaak want die botteltjie was half en dis besig die kant. Dis ‘n geursel baie bekend in Sicillia en ek gebruik dit al lank.

  • skil van 1 lemoen
  • skil van 1 suurlemoen
  • 4 eetlepels wit vanilla geursel
  • 200 ml Vodka
Giet vodka uit die botteltjie in ‘n houer.
Druk skille in die leë bottel.
Voeg vanilla by en maak bottel vol met die vodka.
Los in ‘n donker kas vir so 2 weke voor gebruik.
Top op wanneer dit so half is.

Dis baie sterk so gebruik bv. die helfte van jou resep se geursel hoeveelheid.
Maar jy kan self besluit hoe sterk jy jou gebak wil geur.
Hierdie is baie lekker in koekies.
Groete en lekker bak.

Resep en foto: Ria Posthumus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page