Your Recipe Blog

FILODEEG MAALVLEIS “PASTEI”

Recipe by
Cook: 35 minute

FILODEEG MAALVLEIS “PASTEI”

Ek weet nie of daar so tipe resep is nie, of wat die naam sou wees nie.
Hierdie is eintlik vir my ‘n baie ‘versatile’ resep want jy kan jou eie smaak volg.
  • 1 rol filodeeg
  • 1 kg maalvleis
  • 2 uie, opgekap
  • 1 blik kerriegroente
  • 1 sakkie tamatiepasta
  • knoffel en rissie na smaak
  • 1 teelepel oreganum
  • 2 eetlepels pietersielie
  • sout en peper
  • 1 koppie ghee, gehalveer
  • 2 eiers
  • 1 koppie melk
  • 4 koppies gerasperde kaas, optioneel

Smelt ½ koppie ghee in ‘n pan en braai uie tot goud kleurig.
Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die tamatiepasta, knoffel, rissie, pietersielie, oreganum, sout en peper by en meng goed deur.
Laaste meng die blik groente in en laat so 3 minute prut.
Smelt ½ koppie ghee in mikrogolf oond.
Smeer ‘n  pyrex bak met gesmelte ghee.
Pak 2 lae filodeeg en smeer weer ghee.
Pak nog 2 lae filo en smeer weer met ghee.
Plaas een laag filo en sprinkel 2 koppies kaas oor die deeg.
Skep maalvleis mengsel bo-op die kaas en sprinkel res van die kaas bo oor.
Volg nou dieselfde aanwysings met oorblywende filodeeg en gesmelte ghee vir bo-op die maalvleis en kaas.
Sny in opdien blokke.
Klits die eiers en melk saam en skep oor die deeg.
Laat dit mooi deur sak tussen die blokke en op die kante.
Bak in die oond vir so 35 min by 180 °C.

Resep en foto: Frances Smith

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page