FETAKAAS GEVULDE FILLET
- 1.5 kg fillet
- Tabasco sous
- vars fyngekapte pietersielie en basielkruid
- Fetakaas, gekrummel
- gemaalde sout en swartpeper
- marinade van keuse
Maak insnyding aan die kant van die fillet om ‘n “pocket” te vorm.
Smeer Tabasco sous in die binnekant in.
Strooi sout en swartpeper binne.
Skep die vars kruie in.
Vul met Fetakaas.
Draai toe met tou.
Marineer vir 1 uur in yskas.
Braai in warm pan al die kante om die vleis te seël.
Bak verder in die oond teen 180°C tot “medium rare”.
Laat rus die vleis vir 15 min voordat dit in skywe gesny en bedien word.
Resep en foto’s: Cecil Dunhin
Hoof foto: Louw LP Senior
Nuwejaars ketel braai vandag. Fillit resep van Cecil Dunhin wat ek op Food Lovers Recipes se blad gekry het. Dit is verseker ‘n wenresep.