FETA KAAS, DADEL EN SPEK GEVULDE FILLET IN ‘n SPEK KOMBERSIE
Middagete vandag. Ek het oorspronklike resep van Foodloversrecipies heelwat aangepas.
Baie smaaklik uitgekom. Ek het die fillet in die Weber gaar gemaak.
- 1.5 kg fillet
- Vulsel:
- Tabascosous
- vars, fyngekapte pietersielie en basielkruid
- 2 wiele Feta kaas, gekrummel
- gemaalde sout en swartpeper
- 1 pak strepiespek vir toedraai
- Braai saam:
- 200 g gesnipperde spek
- 70 g dadels
Vlek die fillet oop en druk plat op ‘n werksoppervlak met die gesnyde kant na bo. Smeer tabascosous oor die hele fillet.
Strooi sout en swartpeper oor. Skep die vars kruie oor en versprei oor hele oppervlak.
Sprinkel met feta kaas, gebraaide spek en dadels.
Rol die fillet op en rol toe met strepiespek, steek vas met tandestokkies.
Verf met marinade van keuse en rus vir 1 uur in yskas.
Bak in die oond teen 180°C tot medium rare.
Laat rus die vleis vir 15 min voordat dit in skywe gesny word.
Resep en foto: Louw LP Senior