FETA, BEET EN BOTTERSKORSIESLAAI
Resep geplaas deur Zita Harber
Foto: Zita Harber
Die hoeveelhede hang maar regtig af van hoeveel gaste jy om die tafel het. Hierdie is vir so 4 mense.
- 500 g botterskorsie, gerooster in die oond met sout, peper en olyfolie, 35 minute
- 1 koppie beetblokkies
- 1 wielietjie Feta kaas
- 2 eetlepels sonneblomsade
- 1 klein pakkie roketblare
- Balsamiese asyn reduksie:
- 1 koppie balsamic asyn (nie die duur, verouderde tipe nie, ‘n goedkoop een)
- 1 teelepel bruinsuiker of heuning
- Rooster die botterskorsie in die oond met sout, peper en olyfolie vir ongeveer 35 minute.
- Op medium hitte, verhit die asyn en suiker totdat die een koppie vloeistof na ‘n halwe koppie stroop verminder het.
- Moenie toelaat dat dit wild kook nie, dit moet net “simmer”.
- Pak al die bestanddele mooi in die bord en sprinkel die balsamiese asyn reduksie oor.
Category:

