Your Recipe Blog

FEETJIE POEP

FEETJIE POEP

  • 1 sjokolade sponskoek
  • 1 blik karamel
  • 250 of 300 ml houertjie room
  • sjerrie

Breek die koek in groot krummels. Pak in ‘n mooi opdienbak.
Sprinkel sjerrie oor die koekstukke.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo op die koek.
Herhaal die lae.
Bere bietjie geklitste room vir heel bo op.
Versier met gekrummelde flake en kersies.

WENK
Maak hierdie poeding ‘n dag of wat voor die tyd en hou in die yskas. Hoe langer dit staan hoe klammer en geuriger word dit. Baie lekker!
Ek het die sponskoek met Khaluha gesprinkel, elke laag met fyngekapte neute en kersies gestrooi, bo op het ek kersies, fyngekapte neute en gerasperde sjokolade gestrooi.

Foto:  Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page