FEESTELIKE VRUGTEKOEK
- 1 kg vrugtekoekmengsel
- 250 g margarien of botter
- 1 koppie bruin suiker
- 500 ml water
- 2 koppies koekmeel (280 g)
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel kaneel
- ½ teelepel fyn gemmer
- ½ teelepel All Apice
- 3 eiers
- 500 g rooi en groen kersies
- 150 g gekapte neute
- 150 g dadels, opgesny
- 50 ml brandewyn, sherrie of tropiese vrugtesap vir oorgooi as dit uit die oond kom.
Kook water, suiker en margarien/botter saam tot botter gesmelt het.
Voeg die vrugtekoekmengsel en dadels by en kook vir 15 min.
Voeg ook die neute by die vrugtekoekmengsel.
Laat mengsel afkoel.
Nadat die mengsel afgekoel het, voeg al die speserye by en meng goed deur.
Voeg koeksoda by en meng goed.
Voeg die geklitste eiers by en meng goed.
Vou die gesifte koekmeel in en meng goed deur.
Skep in gesmeerde 22 cm koekpan wat uitgelê is met bakpapier.
Nota:
Ek het die kersies op die koek gepak voor ek dit gebak het, foelie oor gesit sodat die kersies nie brand nie, en die foelie na 1 uur afgehaal.
Bak teen 160º vir 1.5 ure of tot die koek gaar toets in die middel.
Sodra die koek uit die oond kom gooi die brandewyn, sherrie of tropiesevrugtesap oor.
Laat die koek heel afkoel voordat jy hom verpak.
Gooi dan 50 ml brandewyn, sherrie of sap oor, 1 keer ‘n week vir 4 weke.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Cupcake foto’s: Magda Bekker
Nota:
Dis nou al die 4de jaar wat ek hierdie resep maak.
Vanjaar besluit dis cupcake tyd! 🙂
En wat ‘n sukses!
Ek sit ‘n oondpan met water onder in die oond en bak vir 30 min teen 170°C
Sodra dit uit die oond kom bedruip ek Old Brown Sherry oor!
Lewer 36 porsies.
wens Ek kon een bekom
Hier het jy die resep bak sommer vir jouself ‘n heerlike koek en maak hom ryp tot kersfees toe, jy sal dit soveel meer geniet. 🙂
Alta jy is so baie in Pretoria gaan koop sommer die emmertjies by Foodlovers market ek koop ekstra neute en kersies maar is nie nodig nie. Die mengsel het alles in die emmertjies.
Lyk heerlik. Wat is die doel van die pan met water in die oond wanneer u die “cupcakes” bak ? is baie nuuskierig om te weet. Baie dankie.
Hi Anita, mens kan ‘n bakkie water by enige gebak in die oond sit, die doel daarvan is om te keer dat die gebak uitdroog en dit maak dit ook lekker klam.
Lekker bak.