FEESTELIKE AARTAPPELSLAAI
Iets anders as die gewone aartappelslaai.
- 12 aartappels, ongeskil, in wiggies gesny
- sout en peper na smaak
- 1 eetlepel olie
- 5 repies spek, fyngekap
- 1 ui, fyngekap
- Sous:
- 2 koppies mayonnaise
- ½ blik kondensmelk
- ½ koppie melk
- 1 eetlepel korrelmosterd
- 1 eetlepel Dijon mosterd
- 1 teelepel basilliekruidpesto
- grasuie, gekap
- Piquant rissies, gekap
Meng die aartappels met die olie, sout en peper, plaas op ‘n bakplaat en bak in ‘n warm oond tot gaar en goudbruin.
Braai die uie en spek in ‘n pan op die stoof tot goudbruin.
Meng die sousbestanddele goed saam en plaas eenkant.
Rangskik ‘n laag aartappels op ‘n mooi opdienbord, bedruip die aartappels met van die sous, sprinkel van die spek- en uiemengsel oor en sprinkel die grasuie en Piquant rissies oor.
Herhaal die lae en eindig met die spek- en uiemengsel, grasuie en rissies.
Resep en foto: Willem Bierman