Your Recipe Blog

FATHEAD PIZZA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 - 35 minute

FATHEAD PIZZA

Wie het gesê jy kan nie pizza eet op ‘n keto/lae kalorieë/diabetiese manier van eet nie? Dis dan Vrydag! Dit is Lynette de Beer se resep en kan ook as deeg vir pasteie gebruik word. Baie lekker… sonder al die koolhidrate.

  • 1 ½ koppie Mozzarella kaas
  • 2 eetlepels roomkaas
  • 180 ml amandelmeel (of neut meel van jou keuse)
  • 1 eier
  • Bolaag van jou keuse:
  • roomkaas, baba spinasie, uie, versnipperde vark, rooi pepper, olywe, kaasworsies en kaas ens

Smelt die twee kaassoorte in die mikrogolfoond vir 90 sekondes (roer dit halfpad deur goed-dit gaan lyk soos speel deeg). Meng die neutmeel en eier saam met die kaas.

Spuit bakpapier met Spray and Cook en rol die deeg tussen twee lae bakpapier met ‘n koekroller uit. Plaas die deeg op die bakpapier in ‘n oondbak en bak 10 – 12 minute by 200°C tot medium bruin. Plaas die bolaag op die “kors” en bak nog 15-20 minute totdat die kaas gesmelt het en alles deurwarm is.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page