FANTASTIESE VANILLAKOEK MET SNEEUVERSIERSEL
- Beslag:
- 375 g koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 4 hoogvol eetlepels Maizena
- 6 eiers, geskei
- 300 g suiker
- ¾ koppie olie
- 1 koppie water
- 1 teelepel vanilla geursel
Sif die meel, bakpoeier, sout en Maizena saam.
Meng eiergele met suiker en klits goed.
Voeg olie, water en vanilla by eiergeelmengsel en meng.
Meng die eiergeelmengsel by die meelmengsel in en meng deur.
Klits die eierwitte styf en vou in by deeg mengsel.
Skep in voorbereide pan en bak teen 180°C vir 45 min of tot gaar toets.
- Sneeuversiersel:
- Meng die volgende saam in ‘n kastrol:
-
300 g suiker
-
125 ml water
-
1 teelepel asyn
- knippie sout
- Ekstra:
- 3 eierwitte, styf geklits
- 1 teelepel vanilla geursel
Toets gereels – die mengsel moet ‘n taamlike ferm bal vorm in koue water of tot dit ‘n lang draad trek. Dit moet ‘n stroop wees.
Klits goed tot die mengsel vorm hou.
Gebruik om koek te versier nadat koek heeltemal afgekoel het.