Your Recipe Blog

FANTASTIESE KOOLSLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 12 porsies

FANTASTIESE KOOLSLAAI

  • ½ middelslag-koolkop
  • 1 blik (440 g) pynappelstukke
  • 1 pakkie (80 g) groen jelliepoeier
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 250 ml mayonnaise (1 koppie)

Snipper die kopkool fyn. Voeg die pynappelstukke en die stroop saam met die jelliepoeier by die koolsnippers en meng goed.
Voeg die kondensmelk en mayonnaise by en meng.
Die slaai kan dadelik voorgesit word of dit kan tot ‘n week lank in ‘n toe houer in die koelkas gehou word.

Nota:
Ek verkies dat die slaai ‘n paar uur voor opdiening voorberei word – verkieslik die vorige aand.
Dan is dit soveel lekkerder!

Foto:  Meisie van der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page