Your Recipe Blog

FANTASTIESE KARRINGMELKBESKUIT

FANTASTIESE KARRINGMELKBESKUIT

“Vandag is beskuitdag en ek vermoed dat ek nog nie die resep op die groep gedeel het nie. Ek bak slegs hierdie resep vir die afgelope 26 jaar, omdat geen ander resep aan my vereistes voldoen nie. Dit was my man se oorlede ouma se resep. Om die perfekte resultate (heerlik bros) te verkry, moet slegs bak margarien (of botter) gebruik word. Geen spread nie. Alles word net goed saam gemeng, geen geknie nie. Ek halveer die resep gewoonlik.”

  • 20 koppies koekmeel
  • 8 eiers
  • 2 x 500 g botter/kunsbotter (nie smeer nie)
  • 4 koppies witsuiker
  • 1 liter karringmelk
  • 5 ml sout
  • 10 ml koeksoda
  • 1 klein pakkie kremetart
  • 60 ml bakpoeier

Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Rasper botter en vryf in meel in.
Klits eiers en karringmelk saam en roer koeksoda en kremetart daarby in.
Maak holte in middel van meelmengsel en voeg karringmelkmengsel by.
Maak aan tot net gemeng en skep in twee groot of vier kleiner oondpanne. Maak gelyk.
Bak by 180 °C tot gaar en bruin bo-op.
Haal uit oond en laat effens afkoel. Sny in beskuite.
Pak op skoon oondroosters en droog oornag uit by 80 – 100 °C. Laat goed koud word en pak in blikke.

Resep en foto: Elaine Steyn Steyn

Kommentaar: Rina Kleinhans – daar is 7 koppies in 1 kg meel vir diegene wat in gewig wil werk.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page