Your Recipe Blog

FANIE SE SONGEDROOGTE UIE

FANIE SE SONGEDROOGTE UIE

  • heel uie, na gelang van behoefte

Skil uie en was goed. Moet uie nie in water laat lê nie.
Sny in dun skywe en plaas op droograkke.
Plaas rakke in direkte son en droog uit.

Nota:
Moet nie te dik sny nie. Vat so 2 tot 3 dae as die son lekker warm is. Doen dit vroeg die oggend.
Sit die droog rakke op plek waar hulle nie vog deur die aand kan trek nie.
Ek bere al my sakkies gedroogte vrugte en groente in ‘n spens.
Plaas in plastieksakkies.
Elke pakkie moet so 35 – 40 g weeg (dieselfde as twee mediumgroot uie).
Druk al die lug uit en seël die pakkies.
Kan nou gebêre word tot benodig in die spens op die rak.

Resep en fotos: Fanie Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5