FAMILIE POEDING UIT NAMIBIA
Resep en foto: Louisa Rossouw Hollenbach
Ek het die poeding gemaak vir Moedersdag.
- 2 koppies witsuiker
- 250 g botter, versag
- 4 ekstra groot eiers
- 1 eetlepel vanilla geursel
- 2 koppies koekmeel
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel koeksoda
- 2 ½ teelepels bakpoeier
- ¼ koppie melk
- Klits die suiker, botter en vanilla saam. Voeg die meel en sout by en meng.
- Meng in ‘n koppie die koeksoda, bakpoeier en melk, voeg by meelmengsel.
- Meng goed, dis ‘n stywe deeg. Skep in voorbereide oondbak.
- Bak in voorveritte oond by 180°C vir 30 tot 40 minute, toets met toetspen.
- Sous:
- 125 g botter
- ½ teelepel koeksoda
- 1 koppie witsuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 koppie karringmelk
- Verhit saam in kastrol, prik poeding met vurk sodra dit uit die oond kom en giet sous egalig oor.
Category:

