Your Recipe Blog

ESSIE DRY SE ONSINKBARE 7 EIER KOEK

Cook: 35 minute | Servings: 1 x 22 cm dubbellaagkoek

ESSIE DRY SE ONSINKBARE 7 EIER KOEK

Ek het die resep met die spesifieke naam in ‘n handgeskrewe boek in my oorlede ma se boeke gekry Dit is die maklikste, onfeilbare koekresep sonder fieterjasies om te bak. As jy eers 1 keer hierdie resep gebruik het, trek jy alle ander resepte in jou boek dood.

  • 370 g strooisuiker
  • 250 g koekmeel
  • 40 g / 45 ml mielieblom of kakao vir sjokoladekoek
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 7 ekstra groot eiers, geskei
  • 200 ml melk
  • 125 ml kookolie
  • 5 ml geursel van keuse

Voorverhit die oond tot oond 180°C.
Smeer 2 x 22 cm laagkoek panne, voer uit met bakpapier en bestuif met meel.
Sif die strooisuiker, meel, mielieblom / kakao, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak.
Klits die eiergele, melk, olie en geursel saam in ‘n aparte mengbak.
Voeg die eiermengsel by meelmengsel en roer net tot die bestanddele gemeng en die beslag glad is.
Klits die eierwitte in ‘n aparte skoon droë glas- of metaalbak tot styf.
Vou die styfgeklitsde eierwitte met ‘n metaallepel by die beslag in.
Deel die beslag eweredig in die voorbereide panne en bak dit vir 35 minute in die voorverhitte oond.

Notas:
Lorette Brittnel – Die resep lewer ‘n groot dubbellaagkoek. ‘n Enkel beslag werk ook perfek vir ‘n 30 cm koekpan. Meegaande foto nr 1 is 2 x 30 cm en 1 x 22 cm panne wat ek gebruik het vir die troukoeke.
Indien jy ‘n sjokoladekoek bak met die kakao, maak ‘n sjokolade stroop en giet dit oor elke koeklaag voordat jy die vulsels insit.
Ek klam alle koeke wat ek bak, aan met ‘n suikerstroop van ⅓ koppie suiker en ⅔ koppie kookwater en geur dan met vanilla, kakao, suurlemoen, lemoenskil of wat ookal jou keuse is en sprinkel dit oor die gesnyde koeklae. Nie net is die geur meer intens, maar die koek is ook baie klammer en hoe langer die koek staan hoe lekkerder word dit.

Carli Fourie – Ek het ‘n 25 cm pan gebruik en dit vir 60 minute op 160°C gebak en ook ‘n 22 cm pan gebruik vir die 2de laag en dit vir 40 minute op 160°C gebak.
Dis ñ baie stewige, maar tog klam en mooi fyn krummel koek. Die koek is van so ‘n aard dat indien jy ‘n stapelkoek maak, sal dit nie sommer inmekaar sink nie.
Ek het die koeke versier met die Ermine versiering, ‘n outydse kookmelk versiering.
Ek gebruik dit vir alles, jy kan dit aanpas en kakao byklits, of lemoensap, ek het al Granadillapulp bygevoeg, dis absoluut heerlik met roomkaas ook.
Skakel vir die resep van die Ermine versiering, ek het dit dubbel aangemaak.
https://yourrecipeblog.com/recipes/ermine-frosting/

Resep getoets en foto 1: Lorett Brittnel
Foto 2 en 3: Carli Fourie

One Review

  1. Stefnie

    Ek stem heelhartig saam! Bak hierdie resep seker al vir 30 jaar, en dit flop nooit. Ek het al vergeet om suiker in te gooi, selfs ‘n slag vergeet om bakpoeier in te gooi, en steeds was die koek eetbaar. gebruik dit vir lemoenkoek, grenadellakoek, bloubessie, suurlemoen….enige geur. Werk vir spesiale koeke ( trou /verjaarsdag) cup cakes, en sommer vinnig vir gesin se naweekbederf. Staatmakerresep par excellance…. Dankie Essie Dry!!

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page