Your Recipe Blog

ESME SE PEPPERMINT CRISP TERT

ESME SE PEPPERMINT CRISP TERT

  • 500 ml vars room
  • 150 g peppermint crisp sjokolade (groot een)
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • ½ pakkie Tennisbeskuitjies

Maak Tennisbeskuitjies fyn en skep lepelsgewys in bakkies tot alles klaar is. Sorg dat dit gelyk is.
Maak hele sjokolade fyn; hou eenkant.
Klop room tot amper styf.
Voeg blik karamelkondensmelk by en klop goed styf.
Voeg  fyn sjokolade by en meng goed deur, maar hou ‘n klein bietjie vir garnering.
Skep kondensmelkmengsel op fyn beskuitjies, maak gelyk en versier met oorblywernde fyn sjokolade.
Sit in yskas en geniet soos benodig.

Resep en foto: Esme Scheepers Van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page