Your Recipe Blog

ERTJIES SE HOENDERPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 5 min + 20 min.

ERTJIES SE HOENDERPASTEI

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 250 ml sagte botter
  • 250 ml melk

Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter met vingers in meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg melk by en meng deeglik deur.
Sit deeg 30 min in die yskas.
Spuit pastei bak met Spray-n-Cook.
Deel deeg in twee vir onder en bo-op pastei. Plaas een deel terug in die yskas.
Rol 1 deel deeg uit en plaas in bak.
Druk teen wande vas en prik bodem met vurk.
Bak blind vir 5 min teen 180°C. Laat afkoel.

  • Vulsel:
  • 1 heel hoender (Flatty hoender met lemoen and herb), van been af gekook en afgekoel
  • 3 aartappel, klein blokkies gesny en liggies gebraai, laat afkoel
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 5 ml suurlemoen peper, na smaak
  • ½ koppie kaas
  • 2 eiers
  • 4 eetlepels koekmeel

Meng al die vulsel bestanddele nadat alles afgekoel het.
Rol die 2de deel van die deeg uit.
Skep die vulsel in die bak met gaar kors en bedek die pastei met die 2de deel uitgerolde deeg.
Druk die kante mooi vas en smeer met geklitste eier of mayonnaise.
Bak verder tot kors bruin is.
Ek het in my gasoond so 20 min gevat teen 180°C.
Sit voor met ‘n slaai.

Resep en foto: Ertjies de Witt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page