ERTJIE- EN HAMSOP
“Vir myself ‘n lekker Pea en Ham sop gemaak.”
- ½ pakkie gesplete ertjies
- 1 ui, fyn gekap
- 2 aartapels, in blokkies gesny
- handvol gesnyde ham
- sout en peper, na smaak
Kook die ertjies tot sowat driekwart gaar en voeg die ui by.
Voeg die blokkies aartappels by wanneer ertjies sag is.
Wanneer die aartapels sag is, druk ‘n paar blokkies fyn om die sop dik te maak.
Voeg die gesnyde ham, sout en peper na smaak, by.
Laat net deur kook en bedien.
Resep en foto: Johan Westenberg