Your Recipe Blog

ERNA SE SPINASIESLAAI MET DADELS EN APPEL

ERNA SE SPINASIESLAAI MET DADELS EN APPEL

(die hoeveelhede kan jy self bepaal)

  • Was spinasie baie goed en “spin” droog in salad spinner (moenie droog druk NIE- dit kneus)
  • Pak volgende in lae op ‘n vlak slaaibak:
  • gesnipperde spinasie
  • gesnipperde dadels
  • gesnipperse gebraaide spek
  • gekapte seldery
  • gekapte Pink Lady OF Crisp pienk Apples, onder koue water afgespoel
  • stukkies gerookte kaas, opsioneel
  • gekapte okkerneute (moenie uitlos uit resep NIE)
  • heel laaste- sprinkel gekrummelde Fetakaas oor

Slaai sous:
Die mayonnaise moet NIE ‘n suur basis hê NIE / dis ‘n “Soet-Sout” resep
Mayonnaise (SLEGS Nola ULTRA creamy)
Gooi Lyles goue stroop by tot JOU verlangde soet smaak)
Die oorspronklike sous het kondensmelk in, MAAR ek vervang dit met die stroop, anders eet ek die verdekselse res van die kondensmelk op
Hoop jy Geniet Dit!

Nota:
Die oorspronklike resep sê ook dat mens die sous tussen die lae moet gooi, MAAR dan sit mens met ‘n nat ” morsige” slaai as daar oorbly, so ek sit die slaai sous op die tafel en elkeen sit vir hulle sous op na gelang.

Resep – Erna Welgemoed Bruwer
Foto: Rina Kleinhans – Ek het die seldery uitgelaat, pekanneute gebruik en nie rooi appel gebruik nie. My mayonnaise met room en kondensmelk gemaak tot ‘n redelike dik sous wat ek net oorgedrup het… uit die boeke lekker!

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5