ERNA SE SKUIMPIES
Om skuimpies te bak is baie makliker as wat mense dink. Ek maak die gereeld. Partykeer sommer met gewone suiker as ‘n growwer tekstuur jou nie gaan pla nie. Gebruik ‘n elektriese klitser vir hierdie resep.
Ek hou van ‘n druppel of 2 rooswater in my skuimpies ipv vanilla.
Daar is nie ‘n beter manier om tegnieke te oefen met nuwe “piping tip” nie 😁
- 400 g strooisuiker
- 25 ml asyn
- 5 ml kremetart
- vanilla of rooswater (druppel of twee)
- 37,5 ml kookwater
- knippie sout
- 3-4 eierwitte
Gooi suiker in bak, verkieslik glas of metaal.
Voeg asyn, kookwater en sout by en meng.
Gooi nou kremetart en eierwitte by en klits tot stywe punte vorm.
Stel oond op 100°C.
Vorm skuimpies op bakplaat wat gespuit in met spray-n-cook.
Sit in die oond en stel af na 80ºC, bak vir 1½ na 2 ure.
Sit oond af en laat afkoel in die oond.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Erna Van der Merwe