Your Recipe Blog

ERNA SE BAKLOVA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 45 min.

ERNA SE BAKLOVA

Ek het die op ‘n proe-aand geproe en moes dit net probeer. Ek het die een saamgestel uit al die resepte waarna ek gekyk het. Baie lekker

  • 1 pak filodeeg
  • 250 g margarien, gesmelt
  • Vulsel:
  • 2 – 3 koppies neute, lig gerooster en fyn gekap
  • 1 – 2 teelepels kaneel
  • ¼ koppie bruinsuiker
  • knypie fyn naeltjies of gemengde speserye
  • Stroop:
  • 300 ml water
  • 375 ml witsuiker
  • ½ koppie heuning
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • fyngerasperde skil van 1 klein suurlemoen
  • 1 eetlepel kaneel

Meng al die stroop bestanddele bymekaar. Roer dat suiker oplos en kook stadig vir 20 min. Laat goed afkoel.
Voorverhit oond tot op 170ºC.
Rooster neute effens indien verkies.
Meng vulsel bestanddele en kap fyn (ek het dit sommer in voedselverwerker gegooi) – maak fyn maar nie poeier nie.
Vou deeg oop en sny om in jou pan te pas.

Nota:
As ek deeg velle in helfte gesny het, het dit mooi in my pan gepas. (‘n skêr werk fantasties om sommer deur die hele pak te sny)
Smelt nou botter en verf elke vel met botter voor dit in pan kom. Verf net liggies. Dit moenie “soak” in die botter nie. As botter nie oral kom nie is dit ook reg.

Pak nou lae soos volg:
10 velle opmekaar (elkeen gebotter).
Sprinkel 2 – 3 eetlepels neute oor.
Plaas 2 velle (gebotter) bo-op neute.
Sprinkel weer neute.
Plaas weer 2 velle en neute, herhaal tot vulsel op is.
Laaste 6 – 10 velle bo op sonder neutvulsel (gebotter)
Boonste vel moet botter op hê.
Sny met skerp mes blokkies. Nie tot heel onder nie. (Help dat sous beter oral intrek)
Bak ongeveer 40 – 45 min tot goud bruin
Haal baklava uit oond en giet dadelik die koue sous stadig oor.
Laat staan ‘n paar minute en sny dan blokkies reg deur tot onder.
Laat onbedek afkoel en laat ‘n paar uur staan vir sous om heeltemal in te trek.
Dit vries goed.

Foto en resep:  Erna Van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page