Your Recipe Blog

ERIKA SE ROMERIGE PASTA

ERIKA SE ROMERIGE PASTA

  • water
  • sout en peper
  • 1 pakkie sugar snap ertjies of mangetout, fyn gesny (opsioneel)
  • 1 blikkie mieliepitte, gedreineer
  • 2 x 200 g pakkies spek (blokkies of as dit pakkie streaky bacon is, sny op)
  • 250 ml room
  • 5 groot opgehoopte eetlepels Griekse jogurt
  • ± 1 eetlepel basiliekruid pesto
  • ± 1 eetlepel medium vet roomkaas (het medium vet sprietui en grasuie gebruik)
  • 1 lekker hand vol gerasperde Cheddar kaas
  • spaghetti genoeg vir so 4 tot 6 persone
  • olie

Plaas water in kastrol met genoeg sout en bietjie olie. Sit spaghetti in en kook tot amper gaar. Onthou om so 500 ml van die pasta water uit te skep voor jy pasta dreineer. Hou eenkant vir later. Dreineer.
In ‘n lekker groot diep pan, giet bietjie olie en braai die spek saam met die pesto.
Sodra spek amper gaar gebraai is, voeg die sugar snap ertjies by. Sodra spek lekker gaar gebraai is, voeg die pasta water wat jy eenkant gehou het by die spek. Laat dit kook.
Voeg nou houertjie room, jogurt en roomkaas by.
Roer deur en kook sous. Voeg gedreineerde mielies by en lekker baie vars gemaalde swart peper (na smaak).
Voeg die kaas by. Kook lekker deur. Voeg gaar pasta by, roer deur en kook nog klein rukkie net vir sousie om bietjie dikker te raak as wil.
Skep op en geniet.

Resep en foto: Erika Foot

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page