Your Recipe Blog

ERIKA SE KASERIGE PAPTERT

ERIKA SE KASERIGE PAPTERT

  • 1 liter water
  • 250 ml White Star mieliemeel
  • knippie sout
  • ½ blikkie roomstyl suikermielies
  • ±2 koppies gerasperde kaas
  • ½ houertjie Lancewood kaassous
  • ½ houertjie Lancewood sampioensous
  • 1 blik braai relish, versoet na smaak
  • suiker, na smaak
  • olie
  • 500 g kaas of spek wors (Old Smoke House)
  • medium ui, gekap
  • 175 g Zucchini (murgpampoen) spaghetti
  • 10 tot 15 sampioene, gesny

Pap:
Kook water, voeg mieliemeel en knippie sout by en roer tot glad. Prut vir 30 minute.
Meng 1 koppie kaas en halwe blikkie suikermielies by pap in.
Plaas eenkant.
Wors:
Maak die wors gaar op die stoof of bak in oond tot gaar en sny in stukkies.
Groente:
Braai ui in bietjie olie, voeg die sampioene en Zucchini (Murgpampoen) by.
Braai alles tot gekaramaliseerd.
Voeg kaassous en sampioensous by en roer tot gemeng.

In oondvaste bak, skep lae deur te begin met ‘n laag pap, groentemengsel, worsstukkies, braai relish(waarby suiker na smaak bygevoeg is), groentemengsel en dan weer pap.
Strooi die res van die kaas oor.
Bak in oond by 180°C tot kaas gesmelt is en dit goed warm is.
Alles is gaar, dit is net vir kaas om te smelt.

Resep en fotos: Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page