ERIC SE LEMOEN-EN RISSIE GARNALE
- 1 ui, fyngekap
- 3 eetlepels botter
- 4 eetlepels fyn knoffel
- 16 garnale
- vars lemoensap van 3 lemoene, met betjie gerasperde skil
- ½ vars suurlemoen se sap
- 1 teelepel vars gerasperde gemmer
- 1 blik klapperroom
- 1 blik klappermelk
- rissiesous na smaak (ek het sommer helfte van die bottel gebruik)
- sout en peper na smaak
- 1 handvol vars koljanderblare
Braai die uie in die botter, voeg die knoffel by en braai net deur.
Voeg die garnale by en braai met vinnig.
Voeg die res van die bestanddele by buiten die koljanderblare.
Laat vir so 20 minute prut, skep op en garneer met gekapte koljanderblre.
Geniet.
Resep en foto: Eric Stols