Your Recipe Blog

ENGELKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 min.

ENGELKOEK

Angel Cake gebak van die 9 eierwitte wat ek gevries het.

  • ½ koppie koekmeel en ½ koppie Maizena (of 1 koppie koekmeel)
  • 1 ½ koppies suiker
  • 9 groot eierwitte
  • 1 ¼ teelepels kremetart (ek het ¼ koppie suurlemoensap gebruik)
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • ¼ teelepel amandelgeursel (dit het ek nie bygevoeg nie)
  • ¼ teelepel sout

Voorverhit oond tot 180°C. Laat staan eierwitte tot kamertemperatuur.
Sif ½ koppie suiker en koekmeel 2 keer saam.
Klits eierwitte tot stywe punte vorm.
Voeg 1 koppie suiker 2 eetlepels op ‘n slag by.
Voeg vanielje geursel en kremetart by en klop tot stywe punte vorm.
Vou meel ½ koppie op ‘n slag in styfgeklopte eierwitte.
Bak 35 tot 40 minute. Laat afkoel in pan.

BAIE BELANGRIK:
Koekpan moet nie gespuit of gesmeer word nie. Die beslag moet teen die rant van die pan kan opkruip.

Nota:
Ek sal dit volgende keer in 2 panne bak, is nogal moeilik om met ‘n mes middeldeur te sny. Sal ook liewers net room opsit as die grenadella versiersel wat ek gebruik het, die versiersel is baie soet.

Foto: Petré van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page