ELSIE SE SWARTWOUDKOEK
- 1 ½ koppies melk
- 2 eetlepels margarien
- Voeg by en klits goed:
- 2 eetlepels kakao
Voeg droë bestanddele by eiermengsel.
Giet die warmmengsel oor en meng goed.
Moenie klits nie.
Bak 30 – 35 min by 180 ºC.
- Stroop:
- 125 ml suiker
- 125 ml kersielikeur
- stroop van 1 blik swart kersies aangevul met water tot 250 ml
Verhit die suiker en die stroopmengsel oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
Kook 5 min en laat afkoel. Wanneer afgekoel, voeg die likeur by.
- Versiering:
- 125 g donker sjokolade
- Maraschino kersies
- sjokolade krulle of grof gerasper
- 750 ml room, styf geklop
- bietjie suiker
- ½ teelepel vanieljegeursel
Klits die room styf, voeg die suiker by en klits goed, voeg die vanilla by, meng deur.
Plaas die een deel van koek op die opdien bord.
Prik met vurk en gooi helfte van die stroop oor.
Smeer ‘n laag room op.
Halveer die kersies en haal pitte uit as nie reeds ontpit. Pak bo-op room.
Sit laag room op kersies. Prik die ander helfte van koek en gooi sous oor.
Plaas op eerste laag.
Versier met res van room Maraschinokersies en sjokoladekrulle.
Ek neem groenteskiller en maak vir my sjokoladekrulle.
Resep geplaas deur Tim en Elsie Slabbert
Foto: Tim en Elsie Slabbert