Your Recipe Blog

ELSIE SE GRANADILLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

ELSIE SE GRANADILLAKOEK

  • 250 g margarien
  • 1 ¼ koppies suiker
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • ½ koppie mielieblom
  • ¾ koppie water
  • ¼ koppie granadillamoes
  • 4 eiers
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Room botter en suiker tot lig en donsig.
Klits eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg geursel by.
Meng water en granadillamoes.
Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met vloeistof by die suikermengsel.
Meng net tot gemeng.
Skep in twee 20 cm koekpanne wat gespuit is met nie-kleefwerende middel. (22 cm is te groot)
Bak by 180 ºC tot ligbruin en los van kante ongeveer 30 minute.

Resep: Elsie Slabbert
Foto:  Diane Roode Hancox
Nota: 
Dit is net gewone botter versiersel. Maak 2 Blikke Granadilla warm op die stoof en verdik bietjie met Maizena.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page