Your Recipe Blog

ELSABIE SE SWARTWOUD KOEKSTRUIF

Avatar photo
Recipe by
Oornag

ELSABIE SE SWARTWOUD KOEKSTRUIF

Ek gebruik my kookwater olie koek resep (oondpan) vir die sjokolade koek gedeelte en sny in blokkies in die pan wanneer heeltemal afgekoel.
Jy benodig die volgende bestanddele (pas aan vir die inhoud van jou glasbak, my glasbak is Consol se Savona “large bowl”)

  • 3 pakkies donkerrooi jellie (kon nie moerbei jellie kry toe gebruik ek kersie jellie wat ek donker pers gemaak het met paar druppels blou voedsel kleursel)
  • 2 blikkies ontpitte swart kersies
  • strooisuiker na smaak
  • 50 ml koue water
  • 50 ml Maizena (mielieblom)
  • Kirsch kersie likeur (Ek het altyd ‘n bottel in die kas want ek gebruik dit op my vrugtekoeke, sodra hulle uit die oond kom)
  • 1 liter vars room
  • 1 blik kondensmelk
  • 75 ml suurlemoensap

Maak eerste die jellie aan volgens die aanwysings op pakkie en kleur met paar druppels blou kleursel tot donker pers. Sit in yskas om te stol. Ek doen dit gewoonlik die dag voor die tyd.
Volgende gooi die blikkies kersies met hulle sousie in kastrol en verhit tot amper kookpunt terwyl jy die water en Maizena meng. Roer die Maizena mengsel by die kersies in tot dit begin kook en verdik. Gooi strooisuiker by na smaak en gooi die mengsel in bak om af te koel voor gebruik word.
Meng die suurlemoensap by kondensmelk in tot glad. Gooi 500 ml van die koue room in bak en klits tot begin dik word. Vou die kondensmelk en suurlemoensap by die room in tot goed gemeng.
Begin jou koekstruif pak met blokkies sjokolade koek onder op bodem. Maak nou die blokkies nat met die kirsch (ek gooi dit in houertjie met spuit soos die outydse plastiese tamatiesous houertjies).
Skep nou van die afgekoelde kersie mengsel oor en dan lepeltjies jellie. Maak die laag klaar met ‘n paar lepels van die kondensmelk room. Herhaal tot by die laaste laag jellie. Afhangend van hoe groot jou bak is kan jou kondensmelk room dalk reeds alles opgebruik wees soos myne was. Ek het net die laaste 500 ml room geklits en bo-oor geskep. Versier met sjokolade vermicelli of gerasperde sjokolade.
Sit in yskas oornag sodat die koek blokkies goed nat kan word en die geure ontwikkel.
Hierdie koekstruif smaak beter hoe langer dit staan.

Nota:
Ek het klein blink balletjies teen die kant van die bak gesit as versiering. Dit kan in elke laag gesien word.
word.

Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton

One Review

  1. Elsabie Templeton

    If you are in a hurry, buy 12 chocolate muffins or a packet of premixed muffin ingredients. Mix and bake in a greased oven tray.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page