Your Recipe Blog

ELSABIE SE MELKTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 2-3 Foelie pannetjies

ELSABIE SE MELKTERT

Veelsydige pastei deeg (druk in pan- genoeg vir 2 – 3 foelie pannetjies of 1 groot tert)

  • Deeg:
  • 2,5 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 250 g margarien (ek gebruik Stork-to-bake)
  • 2 klein (of 1 groot) eier
  • knippie sout

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in die meelmengsel totdat dit krummelrig begin lyk.
Klop eiers en meng by die meel en margarien mengsel. Indien dit te slap is voeg bietjie meer meel by.
Die deeg moet styf en nie pap wees nie. Sit in plastiek sakkie in yskas tot benodig (jy kan dit op hierdie stadium vries vir latere gebruik ook). Druk in pan en sit vulsel bo-oor.

Nota:
Ek het al hierdie deeg gebruik om ‘n quiche pan mee uit te voer voordat ek die bestanddele insit.
Dan sit ek ‘n koppie skerp Cheddar kaas by en ‘n knippie gerookte paprika of rooipepper.

  • Vulsel: (met kondensmelk)
  • Klits die volgende in ‘n kastrol:
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 3 blikkies kookwater (gebruik die kondensmelk blik om te meet)
  • 1 eetlepel botter
  • Sif die volgende saam:
  • 100 ml koekmeel
  • 50 ml Maizena
  • 100 ml vlapoeier
  • knippie sout
  • Hou byderhand:
  • 4 jumbo eiers, geskei

Klits die eiergele met bietjie water en sit die droë bestanddele by en meng goed.
Plaas die deegmengsels in die pot met die kondensmelk en kookwater en roer aanhoudend tot dit begin verdik.
Laat afkoel.
Klits die eierwitte tot styf en vou by die afgekoelde mengsel in, in die pot.
Skep die vulsel oor die rou deeg in die pannetjies en bak by 200°C vir 20 minute en dan by 180°C vir nog 20 minute.
Die vulsel sal oppof en nadat jy dit uit die oond verwyder sal dit weer afsak.
Strooi kaneel suiker oor en bedien.

Nota:
Ek wou die resep verdubbel, maar het net een blikkie kondensmelk gehad.
Ek het toe 3 blikkies melk as die ekstra vloeistof gebruik en die res van resep verdubbel.
Dit het perfek gewerk. Ek het geen ekstra suiker bygegooi nie.

Foto’s en resep: Elsabie Templeton
Foto’s 2 en 3
Prepped 6 foil tart plates with this quick & easy crust (I doubled up on ingredients to make enough for 6). Three will become Milktart later today. The other going into freezer. The scalloped one is for a fish pie later this week. Teaspoon came in handy to shape the scalesnot perfect but my first attempt at this. And yes I weighed the dough before gathering together and kneading each one for about a minute to make it pliable and soft before rolling out to fit the foil tart plates.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page