Your Recipe Blog

ELSABIE SE “KFC” HOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 min. | Servings: 8 servings

ELSABIE SE “KFC” HOENDER

  • 16 stukkies hoenderdye en boudjies
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 eier geklits met 200 ml karringmelk
  • 1 koppie gedroogde broodkrummels
  • 1 koppie Chilli Bite poeier mengsel

Verhit oond tot by 180°C met die oondpan in die oond, bodem van pan bedek met olie om so warm te word.
Meng die broodkrummels en Chilli Bite poeier saam.
Gebruik 3 bakkies vir die meel, eier en krummel mengsels.
Bedek elke stukkie hoender eerste met die koekmeel, dompel dan in die eier/karringmelk vloeistof en druk dan in die krummel mengsel.
Pak op bord terwyl die res van die hoender bedek word.
Wanneer die oond die korrekte temperatuur bereik het, haal die oondpan versigtig uit en sit die hoender in die warm olie.
Sproei olie bo-oor elke stukkie en sit die oondpan terug in oond om vir ongeveer 45 min te bak.
Nota:
Ek het die olyfolie sproei gebruik wat in kannetjie onder druk is, maar enige sproei olie sal werk.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5