ELSABIE SE KARRINGMELK EN MUESLI BESKUIT MET VLAPOEIER
Changes to basic recipe:
Custard buttermilk rusks with black sesame seeds out of the oven.
The only change to my recipe is, I left the muesli out, increased the flour to 10 cups and sprinkled the dough with black sesame seeds before putting in the oven to bake.
- Basiese resep:
- 8 x 250 ml koekmeel
- 2 x 250 ml muesli (ek gebruik Nature’s Source Crunch Nutzy – pers pak)
- 250 ml vlapoeier
- 500 ml suiker
- 45 ml bakpoeier
- 45 ml vanielje geursel
- 5 eiers
- 1 liter karringmelk (of 150 ml wit wyn asyn en genoeg melk om dit 1 liter te maak)
- 500 g botter, gesmelt
- 5 ml sout
Sif die meel, bakpoeier en vlapoeier saam in groot mengbak en meng goed met groot hout lepel. Voeg die suiker, sout en muesli by en meng goed. Klits eiers en gooi die eiers, karringmelk, vanielje en gesmelte botter by en roer tot alles goed gemeng en klam is.
Gooi in groot gesmeerde oondpanne en bak by 180°C vir ‘n uur of tot mooi ligbruin bo-op.
Laat heeltemal afkoel in die panne, keer uit en sny met elektriese broodmes in vingers of soos verlang.
Die elektriese broodmes maak die minste krummels dis hoekom ek dit gebruik.
Droog uit op 60°C oornag in elektriese oond.
Notas:
Ek het nog nooit sukselvol in my gasoond uitgedroog nie want die laagste hitte is nog te warm en ek het nie tyd om elke halfuur dit dop te hou en om te draai nie.
Ek bak in die gasoond omdat hy so groot is maar ek droog nog uit in die elektriese oond.
Die beslag is genoeg vir twee panne van ongeveer 39 x 30 x 6 cm.
Jy kan die resep aanpas met Nutty Wheat en/of semels, verminder net die koekmeel. Jy kan ook die muesli heeltemal uitlaat, sit dan net nog 2 koppies koekmeel by.
Resep en foto: Elsabie Templeton