Your Recipe Blog

ELSABIE SE GROENTE QUICHE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 min

ELSABIE SE GROENTE QUICHE

Hierdie is regtig die heerlikste kors resep.

  • Kors:
  • 250 ml koekmeel (140 g)
  • 250 ml grof gerasperde Cheddar kaas
  • 125 g botter
  • Vulsel:
  • 2 koppies grof gerasperde of fyn gekapte groente (murgpampoentjie, geel rooi en groen soetrissies, wortel, ui, of groente soos verkies)
  • 3 eiers
  • 250 ml melk of vars room
  • 125 ml suurroom
  • 15 ml suurlemoensap
  • 3 ml sout
  • 6 ml gekapte vars kruie of 2 ml gemengde gedroogde kruie
  • Opsioneel:
  • 1 koppie grof gerasperde skerp kaas soos beleë Cheddar

Kors:
Meng bestanddele tot sagte deeg en druk in quiche pan of oondvaste tertbord.
Vulsel:
Meng die groente en skep op tertkors.
Meng die melk/room, suurroom, eiers, suurlemoensap, sout en kruie en giet stadig oor die groente.
Strooi die kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 160°C vir 45 min of tot gestol en goudbruin bo.
Solardom oond:
Speed Combi 5, 200°C + M/W 360W vir 20 min in voorverhitte oond.

Vulsel variasies:
Vervang die groente met 400 g gebraaide sampioene en 250g gesnipperde ham.
Gebruik groente verskeidenheid soos verkies. Ek die wortels en murgpampoentjies voor die tyd effens gestoom, sodat nie heeltemal rou was nie. Ek het ook so bietjie gerookte paprika in my kaas kors gesit. Gerookte paprika se geur is baie intens en ‘n bietjie gaan baie vêr.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page