Your Recipe Blog

ELSA SE BAR-ONE KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

ELSA SE BAR-ONE KAASKOEK

Bar-One kaaskoek gebak. Maklik en glo my heeeeerlik.

  • Kors:
  • Meng saam, druk in bak en sit vir ‘n paar minute in yskas.
  • 1 pak (200 g) fyngemaakte Tennisbeskuitjies
  • 125 g gesmelte botter
  • Vulsel:
  • 2 bakkies maaskaas (230 – 250 g elkeen)
  • 2 blikke kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • gesnipperde Bar-One

Meng die vulsel bestanddele in ‘n bak tot glad en skep in die kors.
Bak op 180°C vir 15 min.
Haal uit die oond en giet die volgende sous oor.

  • Bar-One stroop:
  • 2 Bar-Ones
  • 10 ml melk

Smelt die Bar-Ones en melk saam en giet bo-op. Sit in yskas tot koud.

Resep en foto: Elsa du Plessis
Foto 2:  Gideon Louw

Lede Kommentaar:
Xandra Niemandt Uys
Het nou net die Bar-one kaaskoek gemaak dis ryk heerlik, kan nie wag dat dit reg is, wil proe. Dit was baie maklik. Baie dankie vir die wonderlike resep Elsa du Plessis jy rock🎊🎊😀
Nikki Laubscher:
Made the delicious bar one cheesecake from the blog… Omw to die for!
Leydene Beckford:
Het dit vanaand gemaak en almal was mal daaroor. Stroop soet.
Elanza Ludwick Strauss:
DIE maklikste resep, kom elke keer perfek uit. Ek sit nie die sjokolade bo-laag op nie. Ek bak dit in my ringpan. En het al ALLE variasies probeer, van Oreo tot karamel toffie tot pepermint tot Bar-one!!
Beslis die beste resep!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page