Your Recipe Blog

ELSA SE AARTAPPELSOP

ELSA SE AARTAPPELSOP

  • 2 kg aartappels, geskil, saggekook en fyngedruk
  • 3 groot uie, gekap en bruingebraai in olie
  • 5 knoffeltone, fyngesny en bruin gebraai in olie
  • 500 g spekblokkies, bruin gebraai
  • 750 ml volroommelk
  • 2 hoender ekstrakblokkies, fyngekrummel
  • 1 pakkie hoender roomsoppoeier
  • sout, na smaak

Meng die aartapples met die uie- en knoffelmengsel.
Voeg die ekstrakblokkies en soppoeier by.
Voeg die volroommelk by en blits tot glad. Plaas in ‘n pot op die stoof.
Voeg dan die gebraaide spek by en kook stadig deur tot die soppoeier en alles gaar is.
Voeg bietjie sout by na smaak.

Resep en foto: Elsa Wasserfall

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page