Your Recipe Blog

ELNA SE HOENDERSLAAI

ELNA SE HOENDERSLAAI

Hierdie hoenderslaai is ons gesin se gunsteling gereg, veral noudat dit weer warmer is. Ek het die skilferkorsdeeg “croutons” hiermee saam bedien, dit is voorwaar ‘n wenner saam met slaai.

  • Hoender:
  • 500 g hoender roerbraai
  • 2 eiers, geklits
  • 1 pakkie gedroogte broodkrummels
  • sout en peper, na smaak

Klits eiers goed. Plaas die hoender in die eier.
Meng broodkrummels, sout en peper saam in ‘n sakkie.
Sit hoender in die broodkrummelmengsel, en skud die sakkie sodat hoender eweredig bedek word met die broodkrummels.
Haal die hoender uit die krummels, pak oop op ‘n bord.
Plaas vir 20 minute in die yskas.
Verhit olie in ‘n braaipan, braai hoender tot goudbruin.
Laat die hoender afkoel.

  • Slaai:
  • 130 g blaarslaai, stukkies gesny
  • 200 g mini rosa tamaties
  • 135 g baba mielies, in wieletjies gesny
  • 100 g julienne wortels
  • 1 Mediterranean komkommer
  • 4 grasuie, gekap
  • 7 aarbeie, in wieletjies gesny
  • 3 Fetakaas wieletjies, in blokkies gesny
  • olywe na smaak

Pak al die bestanddele in lae. Voeg die hoenderstukkies by.
Meng mayonnaise en slaaisous van eie keuse by. Ek het ‘n creamy Franse slaaisous gebruik.
Ek meng die slaaisous hoeveelheid na eie keuse. Bedrup die slaai en bedien.

Resep en foto : Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page